Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ysterperde kry voete

’n Vlaag van motorfietsdiefstalle het sedert einde Februarie in Kroonstad plaasgevind.

Daar word vermoed dat dit ’n sindikaat is wat hoofsaaklik sy visier op veldmotorfietse en vierwielaangedrewe motorfietse gestel het.

Francois Geldenhuis, voorsitter van die Kroonstad-buurtwag, het bevestig dat soortgelyke voorvalle van 26 Februarie tot 30 Maart plaasgevind het.

Die buurtwag vermoed ook dat eienaars van die spesifieke motorfietse identifiseer word en die booswigte weet waar die motorfietse gestoor word.

Die eerste voorval het op Dinsdag 26 Februarie plaasgevind toe ’n Sym Shark-bromponie, met die registrasienommer DBW265FS, by die departement van korrektiewe dienste gesteel is.

Daarna is ’n geel Suzuki RMZ-veldmotorfiets op Dinsdag 12 Maart in Henry Dyterstraat gesteel.

’n Swart-en-oranje Big Boy 200cc-motorfiets is op Dinsdag 26 Maart in Barnardstraat gesteel. Twee honde op die perseel is vergiftig.

Die volgende voorval het op Woensdag 27 Maart plaasgevind toe ’n blou-en-wit vierwielaangedrewe Suzuki-motorfiets uit Derksenstraat, Suidrand, gesteel is. Die bure se honde is ook in die voorval vergiftig.

Op Saterdag 30 Maart is ’n rooi-en-wit Honda XR 125cc-veldmotorfiets by die Hoërskool Kroonstad gesteel. Dié fiets was nog nuut en het geen nommerplate nie.

Die laaste voorval het Woensdag (03/04) plaasgevind toe ’n 125cc-veldmotorfiets, met wit-en-swart plakkers, uit Duursemastraat gesteel is.

Motorfietseienaars word aangeraai om hul motorfietse agter slot en grendel te hou en waaksaam te wees.

Ses trapfietse is ook in April uit erwe gesteel.

  • Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat verskeie motorfietsdiefstalle in Kroonstad ondersoek word. Enigiemand met inligting oor die voorvalle kan speurder Tshidi Mofokeng by 084-968-6050 bel.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.