Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ANC wen, les wel te leer

Die kruisies is getrek, die stemme is getel en die regering vir die volgende vyf jaar is in die provinsie aangewys.

Die ANC het weer die verkiesing gewen, wat beteken dieselfde regerende party bly aan bewind.

Dit beteken egter nie alles sal dieselfde bly nie.

’n Nuwe premier sal binnekort aangewys word. Die ANC het reeds aangedui dat Zamani Saul, provinsiale sekretaris van die party, as premierskandidaat benoem is.

Dit is ’n belangrike besluit wat sal bepaal in watter rigting die provinsiale regering sal beweeg.

Daarby lyk die samestelling van die wetgewer anders, wat ’n nuwe dinamika in die wetgewer bring.

Hoewel die DA nie die ANC ’n “uitklophou” gegee het soos wat hy voor die verkiesing voorspel het nie, vorm die party steeds die amptelike opposisie en staan hy ietwat sterker (25,51% in 2019 teenoor 23,89% in 2014).

Dit gee aan die party meer bedingingsmag, ’n geringe beter kans om groter invloed op besluite deur die regering uit te oefen.

Die EFF, wat in 2014 ’n nuweling was, het vanjaar hul steun in die Noord-Kaap bykans verdubbel en sal hul stem in die wetgewer laat hoor.

Steun vir die VF Plus het ook vanjaar toegeneem (2,68%) terwyl Cope se posisie, soos voorspel is, verder verswak het.

Die groot vraag wat beantwoord sal moet word, is watter lesse die regeringsparty uit die verkiesing geleer het.

Steun vir die regerende party het vir die eerste keer sedert die verkiesing van 1994 na minder as 60% getaan. Hopelik het hy daaruit geleer dat hy nie langer kiesersteun as vanselfsprekend kan beskou nie.

Dít, saam met ’n dinamiese opposisie, kan verseker dat die Noord-Kaap doeltreffender as voorheen regeer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.