Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFELHOEKIE: ‘As jy self kan, doen dan’

Sy sukkel met haar vierjarige peuter wat alles self wil doen.

As ’n mens kinders grootgemaak het, ken jy daardie fase baie goed.

Ons gesels daaroor. Oor hoe belangrik dit is om hierdie lewensles te bestuur, te beheer en aan te leer.

Natuurlik is dit lekker as iemand anders ’n mens help; lekker dat ons op mekaar aangewese kan wees. Na mekaar kan uitreik.

Tog is dit lewensbelangrik om ook te leer om iets self te doen.

Soveel mense wag gedurig vir die hulp van ’n ander; mense wat bang is vir selfverantwoordelikheid, vir selfdoen.

Hierdie peuter wat haar ma so gedaan maak, het ’n belangrike lewensles in haar.

Sy antwoord haar ma sterk en kwaai: “Ek kan.” Haar ma hanteer dit mooi.

“Natuurlik kan jy. So doen dit. As jy sukkel, vra. Dan help ek. As dit nodig is, is ek daar. As jy self kan, doen dan.”

Dit is bevrydend om te kan doen wat jy moet doen wanneer jy dit moet doen en nie voortdurend vir ’n ander te wag nie. So wag baie mense vir die regering, of vir iets en iemand anders om hul lewe te verander.

Begin net met wat jyself kan doen. Moenie huiwer oor die krag en vermoëns wat in jou is nie. Moenie vir selfdoen skrik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.