Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Aspris’ se raklewe is te lank

Tussendeur slegte diens, geen diens en baie ander negatiewe ondervindings in besighede, is die tekort aan professionaliteit seker die seerste doring in die vlees.

Dit is asof sommige mense nie verstaan wat dit beteken om professioneel op te tree nie – veral nie teenoor kliënte, kollegas en mense wat hulle in dieselfde beroep bevind nie.

“Aspris” is ’n woord wat nie in dieselfde sin as “professioneel” hoort nie. “Moedswillig” is waarskynlik ’n beter beskrywing. Dié woord hoort ook nie in dieselfde sin nie.

Moedswillig is dalk sagter op die oor as aspris. ’n Bietjie minder kru. Soos jok en lieg. Maar hierdie woorde loop waarskynlik hand aan hand.

Moedswillig is kop in een mus met jok, en aspris met lieg. Want iewers moet gelieg word om aspris te regverdig. Dalk is die leuen wit, dalk nie. Die uiteinde is dieselfde.

Om aspris te wees moet daar ’n plan van aksie wees. Iemand moet vergeet om iets te doen. Of net ’n gedeelte daarvan doen. Of nie tyd hê om dit te doen nie. Of dit was eintlik ’n misverstand. Jammer daaroor baie gemaklik die hele situasie verkeerd verstaan en daarom nie die geskikte uitslag bereik nie. Dit.

Weens moedswilligheid se lang raklewe is die frustrasie daaraan verbonde onbeskryflik. Woede of teleurstelling se raklewe is gewoonlik korter. Maar daar is mense wat kan aanhou en aanhou en aanhou om aspris te wees – dit terwyl hulle glo hulle is eintlik professioneel.

Wat hierdie mense nie besef nie, is dat moedswilligheid baie energie verg. Energie wat aan iets positiefs bestee kon word.

In die proses rig hulle hulself meer skade aan. Tree professioneel op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.