Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlete van oral neem deel

Meer as 250 deelnemers het Saterdag (25/07) aan die eerste virtuele weergawe van die Flamingo 777-uitdaging vir stappers, drawwers en fietsryers deelgeneem.

Dié Flamingo 777-uitdaging, aangebied deur Lion Roars en Run Walk For Life (RWFL), is al ’n paar keer vantevore in Kimberley in samewerking met die Flamingo Casino aangebied.

Deelnemers in die virtuele fietsry-uitdaging kon 21 km, 42 km of 56 km op ’n berg- of padfiets of op ’n gemonteerde oefenfiets aflê.

In die stap- of hardloopuitdaging kon deelnemers op ’n plek van hul keuse buite deelneem, of een van die afstande – 7 km, 14 km of 21 km – op ’n trapmeul doen.

Jenny Uys van RWFL sê goeie tye wat op fietse aangeteken is, is onder meer:

  • 21 km: mans 38:55; vroue 52:24
  • 42 km: mans 1:16:00; vroue 2:22:00
  • 56 km: mans 2:16:00; vroue 2:34:05

Goeie tye in die stap- of drafafdeling is:

  • 7 km: mans 35:34; vroue 34:24
  • 14 km: mans 1:17:00; vroue 1:19:53
  • 21 km: mans 1:18:34; vroue 1:50:25

Barend Coetzee, ’n parapleeg van Kathu, het ook aan die uitdaging deelgeneem. Hy het met sy handfiets 60 km voltooi en met ’n spesiale sportstoel 7 km gedraf.

Uys sê hoewel die virtuele geleentheid minder atlete getrek het as die werklike geleenthede van ander jare, het heelwat atlete van Kimberley, die omgewing, en nog verder deelgeneem. Daar was selfs deelnemers van Skotland.

Deelnemers kon ook prettige foto’s met die syfer 7 instuur, wat na die 777 gelukkige nommer by ’n casino verwys.

Al die inskrywings is aanlyn gedoen.

Deelnemers moes by die Covid-19-regulasies vir sportdeelname bly.

Deelnemer Barend Coetzee van Kathu en sy seun, Juan. Barend het 60 km met sy handfiets gery en dit in 2:19:41 voltooi. Hy het ook 7 km in ’n spesiale sportstoel in 35:34 gedraf.
Charmaine Groenewald van Jacobsdal het Saterdag (25/07) vroeg die 21 km-fietswedren aangepak. Foto’s: Verskaf
Johan Kotzé en René Botha van Kimberley.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.