Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Baba-Ranger’ moontlik op pad

Ford is volstoom besig om ’n nuwe, kleiner bakkie te ontwikkel wat hy onder die Ranger op sy portefeulje wil laat inpas.

Die Blou Ovaal se hoof van produkontwikkeling, Jim Farley, het onlangs op ’n beleggers­konferensie onder meer verwys na “nuwe modelle” wat binnekort op die mark kan wees.

Ontleders het dit dadelik vertolk as ’n teken dat Ford die groen lig gegee het vir die baba-Ranger om gebou te word.

Luidens die Amerikaanse media het Ford se ingenieurs reeds in die middel van verlede jaar met die projek begin en is toetsmuile binnekort gereed om op die paaie losgelaat te word.

Die nuwe bakkie sal op die Focus se onderstel geskoei word, wat ont­wikkelingskoste laag sal help hou.

Dit beteken die kleiner bakkie se bakwerk sal uit ’n monostruktuur bestaan, en nie op ’n leerraam-onderstel geskoei wees soos die groter Ranger nie.

Die bakkie behoort dus suiwer op die ontspanningsmark gemik te wees, soos die Australiese Ranchero-bakkie.

Deur die nuwe Focus se lyf vir die projek te benut, kan Ford die neus en voorste deure feitlik net so behou, tesame met die binneruim se uitleg. Vanaf die B-pilaar sal die bakkie egter nuut ontwerp moet word, maar sommige bronne bespiegel dat die bakkie nie slegs as ’n dubbelkajuit te kry sal wees nie. Veral omdat dit op die leefstylmark gerig sal wees.

Of Farley se opmerkings ook dui op ’n nuwe Bantam-bakkieplaasvervanger, is onseker.

Die Bantam was baie gewild op sy dag en is onder verskillende name in Suid-Afrika en Brasilië verkoop.

Die Bantam was op die kleiner Fiesta se onderstel geskoei.

Ford het verlede jaar gesê hy wil voortaan al hoe meer op bakkies en sportnutse fokus en die gesinsmotors in sy portefeulje afskaal. Die groei is in die sportnuts­kategorieë, terwyl Derde­wêreldmarkte groei bied in die leefstylmarkte.

Daarom dan ook dat Volkswagen, Mercedes, Renault en selfs Hyundai almal nou skielik ’n dubbelkajuitbakkie op die mark wil stoot.

VW het reeds die groot Amarok, maar verlede jaar het ons al van sy Tarok-planne vertel, wat ’n kleiner bakkie behels.

Met ’n Focus-platform sal die nuwe Ford-bakkie slegs voorwielaandrywing bied, gekoppel aan die groep se 15-liter-turbo-enjins.

’n Topmodel met 4x4-vastrap is egter nie uitgesluit nie.

Laastens, ’n moontlike naam vir die nuwe Focus-gebaseerde bakkie? Ons weet dat Ford van die Courier-naam hou, en dan is dit ook wetenswaardig dat hy in Junie verlede jaar weer die handelsregte op dié naam in Amerika gekry het.

Volgens Amerikaanse bronne sal die bakkie in Ford se fabriek in Mexiko gebou word, waarna dit na Suid-Amerika en straks ook Suid-Afrika uitgevoer sal word.

Motorredaksie

Die nuwe bakkie sal op die Focus se onderstel geskoei word, wat ontwikkelingskoste laag sal help hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.