Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beïndruk op veld

Twee leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley het medaljes verwerf toe hulle van 21 tot 23 Maart op die Suid-Afrikaanse Skole-atletiek (Sasa) se baan- en veldjeugbyeenkoms vir hoërskoolleerlinge in Port Elizabeth teen van die land se beste skole-atlete meegeding het.

Stiaan le Roux, ’n gr. 12-leerling aan Diamantveld, het ’n bronsmedalje in die hamergooi vir o.19-seuns verower met ’n afstand van 53,68 m.

Hoewel dié afstand korter as sy persoonlike beste is, kon hy op hierdie gooi verbeter toe hy op 30 Maart aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se o.20-kampioenskapsbyeenkoms in die Paarl die hamer 60,03 m ver gegooi het.

Dié gooi was goed genoeg om hom ’n vierde plek te besorg.

Stiaan word afgerig deur sy ma, Alta le Roux, wat op haar dag ’n kranige diskusgooier was.

Gareth Bosman (gr. 9), ’n opkomende ster in die sportwêreld, het beïndruk toe hy op byeenkoms in Port Elizabeth met 1,85 m ’n bronsmedalje in die hoogspring verwerf het.

Bosman beoefen glo reeds geruime tyd hoogspring, maar het onlangs goeie resultate begin sien nadat hy formele afrigting by Theo Senekal, ’n plaaslike afrigter, begin kry het.

Hy het vroeër vanjaar beïndruk toe hy op Diamantveld se kleure-atletiekbyeenkoms in die hoogspring hoër as 1,67 m op ’n grasveld gespring het, en toe later 1,73 m, ook op gras, op die Noord-Kaapse atletiekbyeenkoms wat op 2 Maart in Upington gehou is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.