Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaarde vrou van Warrenton vermoor

Rina Spangenberg (86), ’n jarelange inwoner van Warrenton, is Saterdagaand (02/11) in haar huis in die dorp oorval, verkrag en deur haar aanvaller(s) vir dood agtergelaat.

Celeste Stroebel (48), haar gestremde broerskind, het net ná 23:00 op haar afgekom waar sy in ’n plas bloed in die eetkamer gelê het. Sy is vermoedelik met ’n stomp voorwerp aangerand en het ernstige kopwonde gehad.

Stroebel, wat jare lank by Spangenberg gewoon het, het hulp ontbied. Spangenberg het kort ná haar aankoms by ’n hospitaal in die dorp aan haar kopbeserings beswyk.

Haar aanvaller(s) het glo ’n televisie en kruideniersware gesteel.

Karin Human, voorsitter van die kerkraad van die NG kerk Warrenton, sê dit is ’n hartseerdag vir die gemeenskap. Sy het Spangenberg as ’n dierbare mens beskryf wat elke Sondag in die kerk was.

“Dit is verskriklik hartseer. Sy was nog Woensdag by een van ons gereelde kerk-etes en het op haar gunsteling-plek gesit.”

Human sê Stroebel is erg geskok en gaan deur ’n warboel van emosies ná die moord op haar tante.

Die polisie sê hulle ondersoek klagte van moord en huisroof. Die moordenaar(s) is nog op vrye voet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.