Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Belewenisse ’n uitdaging

Met die indraaislag na die erf ontsier lekkergoedpapiere, verpakkings van wegneemetes, leë sakkies van koeldrank-ysies – en soms onnoembaarhede – die sypaadjie.

Na alle waarskynlikheid deur die byna volwassenes – wat een van die jare stemreg en ’n sê het –van die nabygeleë hoërskool in hul pousewandeltog tussen skool en kafee agtergelaat. Die tuiskomsritueel word verder gevoer deur met viesvoelvingers ander se rommel op te tel.

Die volgende oggend, met die uitdraaislag uit die erf, is die buurman se tuinwerker reeds besig om met ’n desibel-brekende blaser die blare van sy sypaadjie na joune te verjaag.

Die slaggate ry ’n mens mis sonder om daaraan te dink.

’n Bietjie links hier, heelwat regs daar . . . en siedaar! Soms is dit selfs komies om te sien hoe mense in luukse motors deur die slaggate wip-wip.

Die kabbelende waterstroompies, straatblok ná straatblok, skep byna ’n kleindorpse gevoel van leivore. Maar die steekpyn deur die hart – dat kosbare water wegvloei – bly nooit agter nie.

Om heelhuids om die verkeersirkel te kom, bly ’n wonderwerk waarvoor ’n mens daagliks dankbaar is.

Verder aan, wanneer die verkeerslig na groen verander – ongeag toeters van agter wat ’n mens aanjaag – wag en tel eers die een, twee, drie motors wat oor die rooi lig snel. Intussen sal die hande-saamslaners langs die bestuurder se ruit verskyn en “honger” met oë en hande sein.

Uiteindelik, by die parkeerplek, moet die gebreekte bierbottels netjies misgery word.

En altyd is daar ’n oortuiging dat die mensdom rasend van verlange is na eenvoud.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.