Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beplanning op dreef

Die datums vir volgende jaar se Wildeklawer-sporttoernooi is Vrydag (19/06) bekend gemaak.

  • Van 23 tot 26 April vind die volgende by die Hoërskool Diamantveld plaas:

– Die senior rugby- en netbaltoernooi, met die deelname van o.16-netbalspanne as ’n nuwe toevoeging;

– die o.14-, o.15- en o.16-rugbytoernooi vir juniors; en

– die ontwikkelingstoernooi vir junior en senior rugby- en netbalspanne.

  • Van 26 tot 29 April vind die o.13-toernooie in rugby en netbal by die Laerskool Newton plaas.

Vanjaar se Wildeklawer-sporttoernooi, wat die 12de keer aangebied sou word, is weens die Covid-19-pandemie gekanselleer.

Jaarliks spook van die land se voorste rugby- en netbalspanne sake uit, met tot 3 100 leerlinge wat in Kimberley hul skool verteenwoordig. Vanjaar sou ongeveer 138 spanne van sowat 79 skole aan die toernooi deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.