Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bestuur hoop op ’n produktiewe 2021
Die bestuur van die Vroue-landbouvereniging (VLV) se Kuruman-tak is van links, voor: Arina Beukes (vise-voorsitter), Marianne Vorster (voorsitter), Sarina Malan (sekretaresse) en Bessie Kriek (argivaris); agter: Erika Sieberhagen (sameroeper van opvoeding en kultuur), Zelda Lombaard (leefstyl), Petro Spangenberg (kunste en handvlyt), Janet West (tesourier), Ansie Cilliers (landbou en tuinbou), Liza Burger (openbare sake), Alta Roets (gesondheid) en Hettie du Plessis-Krüger (mediaskakelbeampte). Foto: Verskaf

Die Vroue-landbouvereniging (VLV) se Kuruman-tak het onlangs sy bestuur vir 2021 gekies.

Vir die sesde jaar agtereenvolgens bly Marianne Vorster as voorsitter aan, terwyl Arina Beukes haar as vise-voorsitter by die bestuur aansluit.

Ná ’n kort onderbreking is Liza Burger terug op haar pos as saamroeper van openbare sake.

Hettie du Plessis-Krüger, wat vir ’n ruk die voorsitter van die VLV se Daniëlskuil-tak was, beklee nou weer die posisie van mediaskakel­beampte. Die Daniëlskuil-tak is in 2019 gestig.

Die res van die bestuur bly onveranderd.

Die tak het op 11 November sy jaarafsluiting by Boa-Fé in Kuruman gehou.

Hoewel 2020 ’n buiten­gewone jaar was, hoop hulle om volgende jaar hul beplande program voort te sit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.