Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Borgskap vir span verleng

Tafel Lager, ’n produk van die Namibiese Brouerye, het sy borgskap met die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) vir nog ’n jaar verleng, het Jannie Louw, president van die GWRU, onlangs in ’n verklaring gesê.

Tafel Lager borg die Poubloues sedert 2017 en het destyds ’n kontrak van twee jaar, met die opsie om dit met nog ’n jaar te verleng, met die span van Kimberley gesluit.

Volgens Louw verryk die twee partye mekaar en is dit “ ’n enorme voorreg om ’n beroepspan op die platteland te huisves”.

Louw wou hom by navraag nie uitlaat oor die bedrag wat die borgskap behels nie, behalwe om te sê “dis ’n baie goeie bedrag waarmee ons meer as tevrede is”.

Die twee partye sal in die loop van 2019 onderhandel oor die moontlike voortsetting van hul verhouding in 2020.

Marnus Kok

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.