Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurtwag in Douglas gee misdaad ’n knou

Die Douglas-buurtwag wat einde verlede jaar op die been gebring is, het volgens sy voorsitter, Stephen Power, reeds talle suksesse in die stryd teen misdaad behaal.

Volgens Power het die buurtwag oor die feestyd op verskeie dwelms, insluitend dagga, Mandrax en tik, beslag gelê en is verskeie sake by die Douglas-polisie geopen.

Volgens hom is talle vermeende mis­dadigers ook voorgekeer en deursoek. Tydens laasgenoemde operasie is op vier kapmesse, ses skaapskêre, 44 messe en 28 skêre beslag gelê.

Gesteelde goedere soos skootrekenaars en selfone is ook deur die buurtwag gevind.

Die buurtwag is in Oktober verlede jaar as nie-winsgewende organisasie geregistreer en beywer hom op die voorkoming van misdaad in Douglas.

Die buurtwag is deur Power, sy vrou, Regina, ’n gewese polisiereservis, Julian du Plooy, en Frik Afrikaner, ’n voormalige voorsitter van die gemeenskapspolisiëring-forum gestig.

Volgens Power is daar tans 106 lede.

Belangstellendes wat by die buurtwag wil aansluit of ’n bydrae wil maak, kan Power by 074-541-4378 of 082-976-4068 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.