Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Calvinia skud sy vere reg vir 30ste Hantam-vleisfees

Die Noord-Kaapse dorp Calvinia skud sy vere reg vir die Hantam-vleisfees aan die einde van Augustus.

Die Hantam-streek is bekend vir sy heerlike skaapvleis, en hiervan gaan daar op die fees ’n oorvloed beskikbaar wees – van gebraai, gebredie en gekerrie tot in ’n pot en op ’n stokkie.

Die fees, wat op Vrydag 30 Augustus en Saterdag 31 Augustus gehou word, vind vanjaar die 30ste keer plaas., Op sal feesgangers vleis kan eet, top-kunstenaars sien en ander vermaak geniet. Ma, pa, oupa en ouma en die kinders sal nie vir een oomblik wil stil sit nie. Vanjaar vinden ’n onvergeetlike kuier is gewaarborg.

Terwyl feesgangers kan dans dat die stof staan op musiek van die Klipwerf­orkes, Jay en Pieter Koen, kan kinders op die springkasteel baljaar.

Mans kan ook nader staan om vir die sterkman-kompetisie hul spiere te bult. Van die items wat die sterkmanne sal moet baas raak, is blokke soliede beton wat soos emmers alkante langs die lyf hang. Die manne se asems jaag behoorlik na hulle hierdie swaar blokke moet dra. Hulle moet ook voersakke stapel wat die are laat bult en die uithouvermoë knel.

Die vleiseetkompetisie bied aan besoekers die geleentheid om sommer mes en vurk weg te gooi en weg te lê aan soveel skaapvleis as wat hulle kan. Wys jou vriende wie is baas en neem deel aan

hierdie vleiseet-kompetisie wat op 31 Augustus sal plaasvind. Vleisliefhebbers sal beslis nie sukkel om ’n sappige skaaptjop tot op die been af te eet nie. Vleis eet en spiere bult is nie al wat besoekers op die fees kan doen nie. Die paviljoen word jaarliks volgepak met feesgangers wie nie kan wag vir die demonstrasie van die karkas-ontbening nie.

Skaapkop, skaapstertjies en die immergewilde kliprib is jaarlikse treffers op dié fees.

Terwyl die vure brand, kan feesgangers die kliprib-braaidemonstrasie by die Karoo-stalletjie geniet. Ribbetjies het nog nooit so lekker gesmaak soos wat daar al in die verlede by hierdie fees voorberei is nie.

Die vure sal brand en die reuk van varsgebraaide skaapvleis sal oor die hele feesterrein hang. Daar is egter meer as net skaap om aan te smul.

Om elke hoek en draai sal feesgangers ’n ander lekkerny te ete kry.

Daar is iets vir elkeen by vanjaar se Hantam-vleisfees. Jy sal jouself ’n guns doen as jy die pad vat na Calvinia.

Besoek www.hantamvleisfees.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek.

Kaartjies sal slegs by die hekke te koop wees.

Op die Vrydag kos die kaartjies vir volwassenes R70, terwyl kinders R30 betaal.

Saterdag se kaartjies kos R120 vir volwassenes en R60 vir kinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.