Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Cassie verruil Griekwa-trui vir Boland-trui

Cassie Carstens, direkteur van die suksesvolle Wildeklawer-skoletoernooi, het op 3 September in sy nuwe pos as uitvoerende hoof van die Boland-rugbyunie begin.

Die unie se president, Ivan Pekeur, het die laaste paar jaar ook die pligte van uitvoerende hoof nagekom.

Carstens (53) het diep spore in die sentrale streek gelaat. Hy was onder meer uitvoerende hoof, bemarkingsbestuurder en Cravenweek-afrigter van die Griekwaland-Wes Rugbyunie.

“Ek is mos maar ’n Griekwas-ou. Maar hierdie is ’n nuwe uitdaging. Dit is ’n opwindende tyd in Suid-Afrikaanse rugby en ek dink daar is baie geleenthede om die spel te verbeter,” sê Carstens.

Onder sy leiding het die Wildeklawer-toernooi, wat vanjaar vir die tiende jaar in Kimberley aangebied is, hom as een van die voorste skoletoernooie in die land gevestig.

“Ek was tien jaar by Wildeklawer en het bereik wat ek wou, baie kennis opgedoen, maar dit is tyd vir iets anders.”

Hy sê hy sal steeds in ’n raadgewende hoedanigheid by die toernooi betrokke wees.

“Ek sal nie die baba wat ek gehelp grootmaak het, net los nie. Skolerugby is steeds my passie en ek sal ook volgende jaar die toernooi bywoon,” sê Carstens.

In ’n tyd dat rugbyunies in Suid-Afrika noustrop trek, laat dit die wenkbroue lig dat iemand ’n pos by ’n sogenaamde klein unie aanvaar.

“Ek wil waarde toevoeg. Hier is 221 amateurklubs, met 15 000 spelers (in die Boland). Spelers wat nog nie raakgesien is nie.”

Pekeur sê by navraag dit is waar dat Carstens aangestel is sonder om die pos te adverteer, soos wat sommige van die Boland-klubs beweer.

“Die unie is in die nood en het mense met kundigheid nodig. Ons het hom geoormerk as uitvoerende hoof en sy CV spreek vanself.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.