Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankbaarheid blom bont
Welig blommende kaktusse in die Kimberleyse tuin van Gert Malan. Dié waterwys-plante gedy vermoedelik só danksy die reën wat in die omgewing geval het.Foto’s: Dorothy-Anne Howitson
’n Kaktuskaleidoskoop van kleur tooi die tuin in Carters Glen, Kimberley, in ’n lushof.

Spatsels pers, wit, pienk, rooi, oranje, geel en roomkleur is maar net enkele van die kleure wat te sien is noudat die stekelrige kaktusplante in ’n tuin in Carters Glen, Kimberley, ná die reën blom.

Gert Malan (77) sê dit is asof dié water die kaktusse sommer gou laat blom.

“Munisipale water het waarskynlik te veel chloor, en reënwater bevat meer stikstof, wat die kaktusse laat gedy.”

Jare gelede het Malan ’n deel van sy grasperk uitgehaal, omdat dit baie werk en water verg, en kaktusse aangeplant. Die kaktustuin is ideaal vir ’n waterwys-tuin en vereis boonop min aandag.

“Ek maak so een maal in drie of wat maande tussen die plante skoon en is ook besig om daarvan op die sypaadjie te plant,” sê Malan.

Hoewel die blomme van die kaktusplant nie lank hou nie, bly dit ’n kleurryke blommeprag wat Malan, sy vrou en inwoners van die omgewing geniet en bewonder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.