Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Deelnemers vat hoop kop toe

Skeer, spuit en gee hoop.

Mense kan dit doen deur aan KANSA se 17de Shavathon deel te neem. Dié geleentheid word Saterdag (29/02) oor die land heen in winkelsentrums aangebied.

In Kimberley kan belangstellendes die Diamond Pavilion Mall, die North Cape Mall en Pick n Pay Rhodesdene van 09:00 tot 14:00 besoek om hul hare vir dié goeie doel te skeer, met kleurverf te bespuit of met stensils in te kleur. Diegene met lang hare kan selfs ’n poniestert skenk. ’n Poniestert word gebruik om pruike vir kankerlyers te maak.

Vanjaar se tema is “Hoop 2020” omdat deelnemers vir alle kankeroorwinnaars hoop gee. KANSA rig ’n uitdaging aan belangstellendes om 20 mense saam te bring om ook deel te neem.

Volwassenes betaal R50 om deel te neem, en kinders jonger as 12 betaal R25.

Die geld wat ingesamel word, word deur KANSA vir die versorging en ondersteuning van kankerpasiënte, versorgers en geliefdes gebruik.

Selfie-rame sal beskikbaar gestel word sodat almal in die Shavathon-pret kan deel.

Enigiemand kan ’n Shavathon-geleentheid aanbied – dit word nie tot ’n werksplek, organisasie of skool beperk nie.

Om ’n gasheer of -vrou van ’n Shavathon-geleentheid te wees, stuur ’n e-pos na lbalona@cansa.org.za of skakel 011-616-7662.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.