Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Defender op pad

Land Rover se reïnkarnasie van sy bekende Defender is in sy laaste toetsfase met die nuwe weergawe wat voor die einde van vanjaar bekend gestel word.

’n Reeks nuwe foto’s is uitgereik van gekamoefleerde modelle wat tans in Kenia besig is met toetswerk op ruwe grondpaaie.

Volgens die vervaardiger het sy toetsmuile al meer as 1,2 miljoen km afgelê.

Die ou Defender was vir meer as 30 jaar ’n staatmaker in die groep se stal, terwyl die ouer 110-modelle ’n kenmerkende silhoeët vir veldrywerk in Afrika geword het.

Die nuwe model, hoewel nog net in gekamoefleerde gedaante gesien, het duidelik ’n hoekige, Freelander-agtige voorkoms. Land Rover probeer hard om ’n goue middeweg te vind tussen ’n voertuig wat die hardebaard-tradisie van die ou Defender kan voortsit, maar wat ook aanklank by moderne kopers sal vind met geriefs- en veiligheidsartikels.

Die nuwe Defender sal dus veel meer van ’n sagte sportnuts wees met net topmodelle in die reeks wat oor hardebaard-veldry­vermoëns sal beskik. Dit is grootliks die roete wat Jeep vir jare met sy Cherokee volg.

Verwag dat die nuwe Defender oor geriefsartikels sal beskik soos spoed­beheer, blindekol­gonsers, ’n terugdu-funksie en ’n kruipfunksie as jy teen steil afdraandes wil af ry.

Die gewone 4x4-vastrap – en dalk ’n laestrekratkas met ’n sluitewenaar agter – kan straks vir topmodelle gereserveer word.

Geen formele inligting is nog oor enjins en ratkaste bekend nie

Land Rover sê die nuwe Defender is in Brittanje ontwerp, al word hy in Slowakye gebou. Ons kan nie meer wag om hom te ontmoet nie.

Motorredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.