Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Derby spannend

Die Hoërskool Diamantveld se rugbyspan het danksy ’n verwoestende vertoning van sy agttal sy buurman, die Hoërskool Noord-Kaap, op Saterdag (11/05) die tweede jaar ná mekaar in die jaarlikse derby geklop.

Die wenspan, met sy kaptein, die agtsteman Stefan Swart aan die spits, het ses drieë gedruk om Northerns op hul tuisveld met 32 – 14 ore aan te sit.

Ook die stut Anrich Rosenstrauch en die slot Niel Swartz het ’n barshou gespeel.

Dit sou altyd ’n stryd tussen Diamantveld se voorspelers en Noord-Kaap se giftige agterspelers gewees het.

“Ons het net die bal voor gehou, nie geskop nie en net seker gemaak dat die bal nie by hul agterspelers uitkom nie. Dit was regte Blou Bul-rugby, nie mooi nie, maar effektief,” sê Jaco Dames, afrigter van Diamantveld.

Die Diamonds het ook in 2015 gewen, toe die kragmeting ook op Northerns se veld beslis is, deur met 16 – 10 koning te kraai.

Noord-Kaap se afrigter, Deon Carney, sê Diamantveld was die beste span op die dag.

“Ons het nie net opgedaag nie, hulle het ’n plan gehad en dit uitgevoer.”

) Die volledige rugbyuitslae is:

o.19A: Diamantveld 32, Noord-Kaap 14

o.19B: Noord-Kaap 21, Diamantveld 15

o.16A: Diamantveld 61, Noord-Kaap 0

o.15A: Diamantveld 61, Noord-Kaap 5

o.14: Diamantveld 31, Noord-Kaap 0

) Die hokkieuitslae is:

  • : Noord-Kaap 2, Diamantveld 1
  • Noord-Kaap 1, Diamantveld 0
  • Diamantveld 1, Noord-Kaap 1
  • Diamantveld 2, Noord-Kaap 1
  • Lees meer oor die netbaluitslae op bl. 8.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.