Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié 30 jaar in ’n oogwink verby

Op enige plek en tussen enige aantal mense sou ek hom herken. Ons het mekaar 30 jaar gelede gesien, maar hy lyk steeds soos op hoërskool. Dertig jaar.

Vir sommige mense is dit ’n hele lewe. In 30 jaar gebeur amper alles. ’n Mens verlaat skool. Trou. Kry werk. Begin met ’n gesin. Nie noodwendig in daardie volgorde nie.

Die buitelyne van mense se stories lyk min of meer dieselfde. Slegs die fynere besonderhede verskil. Uiteindelik word die kinders groot. Ons word oud. Die toebroodjiegeslag. Ons wat tussen ons kinders en ons ouers probeer help terwyl ons self ’n suksesvolle bestaan probeer voer.

Ná 30 jaar is hy nog dieselfde mens as wat ek van skooldae onthou. ’n Introvert met lawwe oomblikke. Verantwoordelik. Stil. Stylvol. Sy lagplooitjies lyk dieselfde, net meer gedefinieer.

Sy oë helder op wanneer hy iets oor vroulief en hul kinders vertel. Hulle is merkbaar sy trots. Sy alles.

Ons het op skool nooit baie tyd in mekaar se geselskap deurgebring nie. Ek onthou hom van die leerlingraadsvergaderings en wiskundeklasse. Hier en daar het ons ’n paar woorde gewissel. Maar nou, ’n leeftyd later, kuier ons asof ons nog altyd kontak gehou het.

“Waar is ons oor 30 jaar?” vra hy ingedagte. Ek dink ’n oomblik daaroor.

“Beslis afgetree. Hopelik iewers langs die see. Met ons wederhelftes aan ons sy. Gelukkige kinders. Gesonde kleinkinders. Dalk is jy steeds noord van die Magaliesberge.”

Dit is goed ons weet nie,” mymer ek.

Sy vlug vertrek binnekort en ons neem afskeid.

Ek hoop nie ons sien mekaar eers weer oor 30 jaar nie, Joe. Daarvoor is die lewe te kort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.