Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die laaste sin is toe die maklikste

“Hoe besluit Mamma waaroor om te skryf?” vra hy en neem nog ’n hap roereier.

Ek dink ’n oomblik oor sy vraag. Dan verduidelik ek dat ek soms oor my eie ondervinding skryf. Ander kere is dit iets wat ek waarneem of mense wat my vra om oor iets spesifiek te skryf.

Die meeste van my rubrieke handel oor staaltjies wat mense my vertel. Dit neem uiteindelik in my verbeelding vorm aan en word ’n rubriek.

Toe Maretha Maartens met my oor skryfwerk gesels het, het ons besef dat ons albei eers iets in ons koppe skryf voordat ons dit op papier neerpen.

“Dit begin met een sin,” het sy gesê. Oor die jare heen het ek agtergekom dat, in my geval, dit by die laaste sin begin en dat ek daarvandaan my rubriek agteruit aanmekaar sit.

“So dan is dit eintlik maklik,” sê hy. Ek frons.

“Hoe is dit dan maklik?” vra ek.

“Al wat Mamma hoef te doen is om te eindig met fluit-fluit, my storie is uit,” sê hy. “Dan het Mamma reeds die laaste sin.”

Ons albei lag.

“In daardie geval sal ek dan my tweede laaste sin moet kry om my rubriek aanmekaar te sit,” mymer ek. Ek wonder heimlik hoe dit sal werk.

So, liewe lesers, dankie vir jul terugvoering en ondersteuning.

Dankie vir die staaltjies wat julle met my deel – nie noodwendig om dit altyd in ’n rubriek te sien nie.

Dankie vir versoeke wat julle aan my rig – wat meestal uiteindelik op papier neergepen word. Die laaste sin, soos die eerste een, kan uit nimmereindigende opsies bestaan.

Maar vandag groet ek julle tong-in-die-kies met hierdie sin: “Fluit-fluit, my storie is uit”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.