Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
HOOFARTIKEL: Die mens sal altyd uitreik

Dat ons nog vir lank rimpels, en selfs branders wat die asem uitslaan, weens die Covid-19-pandemie gaan beleef, is nie te betwyfel nie.

Ook gaan talle gebruike ’n stille dood sterf of in ’n hernude vorm verskyn.

Buffet-etes kan glo binnekort – vir altyd – iets van die verlede wees. Die gedagte aan honderde mense wat saam om oop kosbakke gesels, en hoes en proes, terwyl hulle boonop dieselfde opskeplepels gebruik, klink in hierdie dae van sosiale afstand na ’n ongehoorde aktiwiteit, self post-Covid-19.

So word verder beweer dat handskud se dae ook getel is en dat baie mense dit ná die pandemie nie meer gaan doen nie. Om van soengroet nie eens te praat nie.

Gratis proehappies in supermarkte gaan glo verdwyn, en so ook “high fives” en lang rye soos wat ons dit geken het.

Selfs in eie huis en haard raak ons al hoe meer afstandelik net vir indien die een wat “dorp toe” was, dalk ’n Covid-spatsel op ’n kledingstuk indra. Ons was onmiddellik hande wanneer ons by die huis instap; begin selfs kosverpakkings met ’n lappie afvee. Ons is al gewoond daaraan om in supermarkte en ander besighede gemaskerd en teen ’n skerm te kommunikeer.

Tog leun ons spontaan nader om na iemand te luister, of mik ons onwillekeurig om verby die skerm te praat, of soms probeer ons nog gemaskerde lippe lees.

Gereeld reik ’n mens se hart en arms uit om ’n drukkie uit te deel; om vas te hou.

Ons reik steeds uit na mekaar.

Ons het aanraking steeds nodig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.