Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dik beursie maak hart nie vol

’n Fris, sterk jong man hier voor my soek troos. Sy skouers ruk soos hy huil.

Huil is natuurlik; sy omstandighede nie.

Tog het hy in ’n goeie huis grootgeword. Skatryk.

Hier waar ek en hy nou sit, is hy heeltemal verarm. Hy het niks oor nie – geen hoop of droom nie.

Ons praat die ding van die begin af deur. Die antwoorde is reeds in sy kop.

Natuurlik neem hy self verantwoordelikheid, maar die seer wat hy beleef, is groot.

Hy het gekies om te verarm. Hy het gekies om dít wat hy kon hê, te laat gaan.

Sy antwoord is so hartseer. Al wat hy ooit by sy pa gekry het, is ’n vol beursie.

Hy het ’n warm hart gesoek.

As tiener het hy die vol beursie misbruik, sy pa gespeel, gemanipuleer, gekry wat hy wou hê. Tog, namate hy ouer word, kon die vol beursie nie ’n leë hart vul nie.

Sy woorde is skerp: “Eers het ek die vol beursie gebruik, toe het ek dit leer verag. Ek wou nie meer hê nie, ek wou eerder behoort. Ek wou nie koop nie, ek wou liefhê.”

Ná jare van baie het hy ’n lewe van niks gekies. Nou moet hy uit die gat opstaan.

Tog sou hy wou hê sy pa moet hoor: “Pa, ek het nie ’n vol beursie gesoek nie. Al wat ek wou hê, was jou hart.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.