Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dinamiese aktivis lê tuig neer
Dorothy-Anne Howitson en Gracie in Oktober verlede jaar. Foto: Helena Barnard

Dorothy-Anne Howitson van Kimberley, aktivis vir mense met gestremdhede en polio-oorwinnaar, het Maandag (27/07) haar amptelike uittrede uit die sektor vir mense met gestremdhede – plaaslik, provinsiaal, nasionaal en internasionaal – aangekondig.

Howitson, ’n oudleerling van die Elizabeth Conradie-skool, het vir baie jare bestuursposisies in verskeie verenigings beklee en het ook internasionale kon­ferensies as spreker bygewoon. Sy het talle eerbewyse – ook internasionaal – vir haar toe­wyding aan en werk vir mense met gestremd­hede ontvang.

’n Dik lêer vol koerantknipsels vertel onder meer van betogings wat sy gereël het om die saak van mense met gestremdhede te bevorder, van ’n herrie oor ’n lugdiens se hantering van mense in rolstoele en haar passie om polio uitgewis te kry.

Sy was bykans drie jaar oud toe sy polio opgedoen het; in ’n tydperk toe polio-inentings pas in Suid-Afrika beskikbaar geraak het. Howitson het op daardie tydstip reeds een inenting gekry en dit was twee weke voor haar volgende inenting.

“Ek is diep bedroef (oor my uittrede), maar my gesondheid kom nou eerste. Ek glo God roep my vir ’n tydperk nader aan Hom,” sê sy in ’n boodskap.

“My opregte dank vir almal se ondersteuning.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.