Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFEL- HOEKIE: Dít beteken al die verskil in die wêreld

Baie gereeld hoor ek hoe iemand sê hulle het op ’n punt in hul lewe gekom waar hulle ’n verskil wil maak.

’n Mens wil graag na sy of haar lewe kyk en voel dat die lewe meer as net ’n gejaag, net ’n geskarrel was.

Soms is dit asof mense die verskil ver en wyd en diep soek, asof gewone dinge geen verskil kan maak nie.

Tog kan dit.

Klein dingetjies kan ’n verskil maak.

Solank jy ’n verandering teweeg bring met wat jy doen en hoe jy dit doen, hoef jy nooit te bekommer dat die verskil wat jy veroorsaak te skraal gaan wees nie.

Sommige word geroep om die verskil te maak in duisende se lewe; ander se verskil lê in ’n lewe of twee, ’n dier wat versorg word, ’n plant wat gesnoei word.

Die groot vraag is waarskynlik nie hoe groot die verskil is wat jy bied nie, maar eerder of jy bou en of jy breek.

Dit is verstommend hoe destruktief mense soms kan werk, asof breek net vir hulle baie groter behae inhou as opbou, sterker maak en vorentoe gaan.

In feitlik elke samelewings­omgewing is daar een vraag waaraan jy moet kan verantwoording doen: Bou ek of breek ek?

Is jy konstruktief of destruktief besig?

Of dit nou gaan oor die mense om jou, jou werkplek, jou vriendekring, jou leefomgewing, jou land of watter plek in die wêreld ook al – maak ’n verskil deurdat jy positief, konstruktief besig is met bouwerk.

Breek is maklik.

Bou is moeilik, maar beter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.