Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorp skud vere reg vir fees

Die Karoo-dorpie Victoria-Wes skud sy vere reg vir die jaarlikse Wildsfees en Duiwewedvlug wat op Vrydag (14/06) en Saterdag (15/06) plaasvind.

Die fees begin oudergewoonte met die Springbokjag-knapskietkompetisie op Vrydagoggend waarna die hekke om 12:00 sal open.

Daar sal ’n wildveiling wees en later ’n makietie met Hennie de Bruyn en die Kitaar Kêrels, Klawer, Wynand Windpomp en DJ Windpomp in die feestent.

Een van die hoogtepunte is die jaarlikse duiwewedvlug wat Saterdag plaasvind. Die duiwe word vroegoggend sowat 400 km van Victoria-Wes losgelaat en moet dan hul weg huis toe vind. Die prysuitdeling sal om 16:15 plaasvind.

Saterdag maak die hekke om 10:00 oop. Daar sal ’n deurry-skietkompetisie, ’n 4x4-hindernisbaan, kinderpret en ’n vroue-oggend wees. Middagete en versnaperinge kan in die biertuin geniet word.

Saterdag sorg Christo en Kobus, Nic Stevens, Marulaboom, Wynand Windpomp, Die Broers en Nicholis Louw vir die vermaak in die feestent. Daar is ook ’n meganiese-bul-uitdaging met groot pryse op die spel.

Victoria-Wes se Wildsfees was in die 1990’s ’n reuse-treffer en het mense van oral oor na die dorpie getrek.

Nadat die fees in 2004 doodgeloop het, is daar besluit om dit in 2015 te laat herleef om Victoria-Wes se plattelandse skatte met besoekers te deel en om die dorp weer ’n aantrekkingskrag vir toeriste te maak.

Die fees het ook ’n groot liefdadigheidselement: Geld wat ingesamel word deur die Wildsfees is ten bate van die gemeenskapsfonds.

Die geld sal onder meer aan die Huis Frieda Kempon-tehuis vir bejaardes, die Elior Onafhanklike Skool, die opknapping en herstel van die Apollo-teater, plaasskole en finansiële borgskappe vir inwoners gaan.

Uitstallers kan twee dae lank hul ware verkoop.

Vir ’n stalletjie bel Belinda by 078-846-9933 of stuur ’n e-pos na wildsfeesstalletjies@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.