Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drawwers, stappers pak eerste parkrun in Galeshewe aan

Altesaam 55 deelnemers van verskillende ouderdomme het Saterdag (30/03) aan die heel eerste Galeshewe-parkrun in Kimberley deelgeneem.

Die weeklikse 5 km-pretdraf sal voortaan elke Saterdag aangebied word. Dit vind plaas op ’n oop veld aan die rand van Galeshewe, langs die R31 na Barkly-Wes.

In die wintermaande (vanaf 6 April) sal die parkrun om 08:00 elke Saterdag begin.

Die afdraai vir die parkrun op die R31 is by John Daka-straat in Galeshewe.

Kgatliso Manake het die parkrun in ’n tyd van 18:32 kafgedraf en sodoende die eerste roeterekord vir dié nuwe weeklikse 5 km opgestel.

Letlhogando Laven het in die afdeling vir vroue in ’n tyd van 29:07 gewen en dit sal as die roeterekord vir vroue opgeteken word tot iemand haar tyd kan verbeter.

Die parkrun in Galeshewe is een van talle parkruns wat onlangs begin is.

Christiana het reeds sedert Julie verlede jaar sy eie parkrun en Hartswater het op 23 Maart vanjaar sy eerste parkrun, The Venue parkrun, aangebied.

Op Saterdag (06/04) kry Bloemhof ook sy eie parkrun.

Jacobsdal het al sedert November sy eie parkrun.

Volgens Madelene Loots van parkrun het die gewildheid van die Kimberley-parkrun, wat sedert Maart 2015 by die Rooifontein-wildplaas buite Kimberley gehou word, ’n rol gespeel in parkrun se besluit om nog ’n parkrun in Kimberley te vestig.

Die Kimberley-parkrun trek al vir die afgelope paar jaar drawwers en stappers van alle fiksheidsvlakke en spog deesdae met ongeveer 200 deelnemers per week.

Die Galeshewe-parkrun is volgens Loots een van slegs drie parkruns oor die land heen waar parkrun se reëls effens gebuig word en kinders onder die ouderdom van 11 toegelaat word om sonder ouertoesig te hardloop.

  • Volwasse parkrunners word egter gevra om ’n ogie oor die jongspan te hou en as te ware ’n jong parkrunner “aan te neem” vir die duur van die parkrun. As deelnemers hul uitslae wil kry, moet hulle hulself by www.parkrun.co.za registreer en dan ’n strepieskode uitdruk en lamineer wat elke week by die eindpunt skandeer word. Die weeklikse uitslae word op parkrun se webwerf gepubliseer.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.