Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eie sonkrag kan boere help

Eskom oorweeg sedert vroeër vanjaar laevolt-aansluitingsaansoeke deur private kragopwekkers, wat aan veral kleinboere ’n goedkoper moontlikheid bied om deur eie sonkrag hul energiekoste te verlaag.

“Kleiner kragverbruikers kan nou ook ekonomies lewensvatbare sonkragstelsels oprig, met al die voordele wat voorheen net boere met mediumvolt-aansluitings beskore was,” sê Chris Schutte, direkteur van die sonkragmaatskappy Sonfin.

’n Toenemende aantal boere doen by dié onderneming navraag sedert laevolt-aansluitings ook oorweeg word.

Die proses duur egter lank. Schutte meen Eskom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) behoort prosesse te versnel.

Vir ’n stelsel kleiner as 1 MW moet ’n boer ná Eskom-goedkeuring by Nersa aansoek doen om registrasie.

Schutte sê Nersa het sedert Maart 2018 vir sowat ’n jaar geen registrasies toegelaat nie omdat hy sy proses hiervoor nog in werking moes stel. Dit behels nou eenmalige registrasiegeld van R200.

“Die eerste registrasiesertifikate is eers weer op 25 Junie 2019 uitgereik. Sedertdien kon Sonfin nog vyf boere se Eskom-aansluitings voltooi,” sê hy.

In Desember 2018 het vier van Sonfin se kliënte die eerste boere geword wat deur sulke aansluitings Eskom-krediete ontvang het vir krag wat hulle aan die netwerk gelewer het.

Volgens Schutte is die regering se nuwe geïntegreerde hulpbronplan baie vaag oor enige toedeling vir opwekking vir eie gebruik.

“Daar word wel genoem daar is ’n behoefte vir eie gebruik, dat daar tans nie voldoende inligting hieroor beskikbaar is nie en dat dit in toekomstige projeksies in ag geneem moet word.”

In ’n tabel met toedelings vir nuwe kapasiteit wat jaarliks tot 2030 vir verskillende energiebronne toegelaat sal word, is daar tot 2030 geen beperkings op eie sonkragopwekking nie.

In die energieplan word beweer die opwekking se bydrae sal, op grond van inligting wat oor wettige stelsels bekend is, na verwagting nie enige noemenswaardige uitwerking op die nasionale kapasiteit hê nie.

In die praktyk is daar egter wel beperkings op die mate waartoe boere hul eie gekoppelde sonkrag kan opwek indien hulle ook van die krag vir krediete op die netwerk wil laai, omdat Eskom nie alle aansoeke bloot goedkeur nie.

Carien Kruger, Landbouweekblad

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.