Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eina, dit is nog aansteeklik

Dit was vroeg in haar laerskoolloopbaan toe sy in die nag vreeslik siek geword het. Koors. Oorpyn. Ongekende gehuil. Opgekrul van pyn.

Vroeg die volgende oggend het haar ma haar by die dokter gehad. Erge middeloor­ontsteking, was die diagnose.

Hulle het die medisyne gekry en sy het in die bed geklim. Twee dae later het sy soveel beter gevoel dat sy terug is skool toe.

In dieselfde tyd het waterpokkies sy kop uitgesteek. Omdat die meisie voorheen waterpokkies gehad het, was haar ma nie bekommerd dat dit maklik sou aansteek nie.

’n Dag of twee het verbygegaan en die ma het ’n valkoog oor haar dogtertjie gehou. Sy het nog nie aan sport begin deelneem nie, maar haar eetlus was beter en sy het beter geslaap. Die medisyne was amper op.

Toe sy haar ’n dag later by die skool oplaai, het die dogtertjie stadig motor toe gestap.

“Hoe voel jy?” het die ma gevra toe sy haar skooltas in die motor sit en inklim.

“Ek voel beter,” het die kleintjie gesê. “Maar dit is nog aansteeklik.”

Die ma het ’n oomblik hieroor nagedink.

Dit kon wees dat die dogtertjie en haar maats dit met waterpokkies verwar het.

’n Ander moontlikheid was dat die maatjies by die skool haar vermy het – juis omdat hulle dalk onseker was oor waarom sy dokter toe was. Sy was immers nog nie heeltemal gesond nie.

Sy het besluit om te vra.

“Hoe bedoel jy – dit is nog aansteeklik?”

Die dogtertjie het haar wysvingertjie in haar oor gedruk en met ’n hartseerstemmetjie gesê: “Dit stéék so.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.