Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Elke mens ’n stukkie digwerk

Saam met trek en uitpak en uitsorteer kom die wonderlike voorreg van herontdek en nuut leer ken.

Onlangs moes ek al my boeke en boekrakke verskuif. Regpak, afstof. Nuut leer ken. Die uitpak daarvan neem my ure, doodgewoon omdat ’n mens langer stilstaan by elke boek as wat ’n mens behoort te doen.

Twee spesifieke rakke hou my in besonder lank besig – die digbundels en die biografieë. Albei om ’n eie unieke rede. Die digbundels juis vanweë die wonder van taal en die fyn beoefening daarvan oor soveel eeue.

Hoe mooi as iemand die gawe van taal kan bemeester en in digtertaal met enkele woorde lewensverhale kan beskryf.

Die biografieë gryp my aan. Die stories van mense. Party kort vertel, sommige deur hulleself en ander wat deur iemand anders geskryf is. Maar dit is die lewens van mense. En elke mens vertel ’n storie. Die stories van mense raak ’n mens.

Só tussen die beweeg tussen twee rakke, gedigte en biografieë besef ek: Ons almal se lewens is eintlik ’n fyn stukkie digwerk van die Skepper self.

Ons kan ons alleen maar verstom hoe kunstig aanmekaar geweef ons hele lewe is.

In enkele woorde, in digterstaal, laat elkeen wees – en dit was goed en dit was mooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.