Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Elke tree help diere in nood
Frances Nel (middel) by die hond- en katkos van R8 000 wat sy Vrydag (19/06) aan die DBV in Kimberley geskenk het. Saam met haar is Rudi Witteveen (ook van die Vodacom Kimberley Road Runners, soos Nel) en Julia Lessing van die DBV. Foto: Helena Barnard

Met elke kilometer wat Frances Nel tydens die virtuele Racing the Comrades Legends-wedloop gehardloop het, het sy geld vir die DBV in Kimberley ingesamel.

Sy het so goed gevaar dat sy Vrydag (19/06) 600 kg hond- en katkos van sowat R8 000 aan die DBV kon oorhandig.

Nel, wat vanjaar haar sewende Comrades-marathon wou aanpak, sê dat sy besluit het om wel aan die virtuele 45 km-wedloop deel te neem, mits sy per kilometer geborg sou word om só geld vir die DBV in te samel.

Dié uitdaging aan vriende en ander belangstellendes het op die sosiale media versprei en met die hulp van Rudi Witteveen, nes Nel ’n lid van die Vodacom Kimberley Road Runners, is ’n roete deur die stad uitgewerk.

“My voorwaarde was dat ek nie twee keer dieselfde stuk pad wou hardloop nie,” sê Nel.

Witteveen het die eerste 10 km van die wedloop saam met haar gehardloop, Rentia Mans en haar skoondogter, Jozelri Von Below, nog ’n 10 km, daarna was Jaco Lombaard vir ook 10 km aan haar sy en die laaste 10 km het Nel saam haar ouers, Ferdi en Petro Nel, gedraf terwyl Eldia Deetlefs hulle op ’n fiets vergesel het. Tussendeur het Nel enkele kilometers op haar eie gedraf.

Nel sê hoewel die virtuele en die werklike Comrades nie vergelyk kan word nie, was haar ondersteuningspan wonderlik. Toe sy en Witteveen Vrydag die dierekos by Forever Pets gaan aankoop het, het hulle net meer as R7 000 vir aankope gehad, waarop dié onderneming die bedrag na R8 000 afgerond het.

Julia Lessing van die DBV in Kimberley sê hulle is baie dankbaar oor die groot skenking, veral ook oor die katkos, aangesien dit nie gewoonlik geskenk word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.