Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Entrepreneur ’n finalis in kompetisie

El-Marie Wilken van Kimberley het op 12 Oktober op die verhoog van die Burgersentrum in Kaapstad as een van 12 finaliste in ’n nasionale entrepreneurskompetisie gestaan.

Mentorvennoot bied jaarliks ’n entrepreneur van die jaar-kompetisie aan en El-Marie, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Diamantveld, is gekeur vanweë twee ondernemings wat sy bedryf.

Mentorvennoot, ’n nie-winsgewende organisasie wat uit sakelui en vooraanstaande akademici bestaan, se hoofdoel is om entrepreneurskap te ontwikkel.

Enige hoërskoolleerling wat al meer as R100 wins met sy of haar onderneming gemaak het, kan hulle vir die kompetisie inskryf.

Die verkoop van swemklere en somersdrag op Instagram is een van El-Marie se ondernemings. Sy vertel dat sy self baie in tienerklere belang stel en dat ’n tiener nie altyd in winkels geskikte klere kry nie.

Dit wat sy te koop aanbied, plaas sy op Instagram, vanwaar dit bestel word en sy dit versend.

Die versorging van troeteldiere in die Desembervakansie wanneer hul eienaars met vakansie gaan, is haar ander onderneming.

El-Marie, wat haar as ’n geoktrooieerde rekenmeester of onderwyser wil bekwaam, sê sy maak geen skuld nie en koop nuwe voorraad aan met die wins wat sy maak.

Sy spaar ook geld vir haar matriekafskeidrok. Hoewel sy volgende jaar in matriek is, is sy vasberade om met haar ondernemings voort te gaan – juis omdat sy dit so eenvoudig en moeiteloos soos moontlik gemaak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.