Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Entstof vir virus 90% effektief

Te midde van die afwagting op pres. Cyril Ramaphosa se toespraak vandeesweek oor die staat van nasionale inperking in die land, het die farmaseutiese maatskappy Pfizer Maandag (09/11) bekend gemaak dat die aanvanklike uitslae van ’n grootskaalse studie wys dat sy eksperimentele entstof teen Covid-19 90% effektief is.

Pfizer sê hy kon tot dusver geen beduidende veiligheidsrisiko’s bespeur nie en beoog om later vandeesmaand toestemming te kry om die entstof in Amerika vir noodgebruik beskikbaar te stel.

Te midde van die deurbraak is daar egter nog ’n mutasie van die koronavirus aangemeld.

Vroeër is Covid-19 in groot getalle in nertse op plase in Nederland aangemeld waarna owerhede baie van die diere van kant moes maak, maar ’n mutasie hiervan is nou in Denemarke opgemerk.

Dit lyk voorlopig of die betrokke mutasie na mense oorgedra is. Die oorsprong van die mutasie is na die plase in Nederland teruggespoor, en Denemarke se regering het inderhaas gelas dat sy nerts-bevolking van ongeveer 17 miljoen van kant gemaak moet word – wat weens groot politieke teenstand weer afgelas is.

Teen Dinsdag (10/11), dag 229 van die nasionale staat van inperking, het reeds byna 20 000 sterftes weens Covid-19 in Suid-Afrika voorgekom, die land in Afrika waar die meeste gevalle aangeteken is.

Die gasvryheidsbedryf het Suid-Afrikaners Dinsdag in ’n mediaverklaring versoek om alles in hul vermoë te doen om die verspreiding van die koronavirus te keer. Die vrees word uitgespreek dat indien ’n tweede vlaag van infeksies die land tref, ’n groot hoeveelheid restaurante en verblyfinstellings nie sal oorleef nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.