Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fluit-fluit troef die sug-sug

As ’n mens moet werk, kan ’n mens dit maklik sug-sug doen. Die dagtaak druk swaar op die skouers en die eentonigheid daarvan kan ’n mens verveel of laat vergeet hoe ’n groot voorreg dit is om werk te hê.

Daarom is haar bediening van ons ete vir my so onvergeetlik.

Sy doen ’n roetinewerk. Elke dag. Dra borde op, dra borde af. Maak skoon, bedien, versorg.

Dis opmerklik hoe sy dit doen. Met ’n huppel in haar stap. Nooit sou ek kon raai ons s’n is al die soveelste tafel vir daardie dag, of dit is die soveelste bord wat deur haar hande gaan nie. Glad nie.

Sy tel ’n bord fluit-fluit op, neem dit weg, bring ’n ander, glimlag weer en weer.

So werk sy. Haar vrolikheid is aansteeklik en die diens wat sy lewer, bring hoop.

Ek maak ’n punt om haar te vra hoekom sy alles fluit-fluit doen. Sy antwoord mooi en opreg: “Want ek voel fluit-fluit, meneer”.

As diensbaarheid in sterre gemeet kon word, het ek haar vyf sterre vir fluit-fluit-diens gegee. Dit kom uit haar hart. Haar werk is die huppel in haar stap en die fluit-fluit van haar dag.

So doen sy dit elke dag. Sy wil hê die mense moet haar vrolikheid onthou, haar fluit-fluit op- en afdra van borde, van bediening, van diensbaarheid.

Sy kies fluit-fluit deur die lewe gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.