
Welkome reën val die afgelope weke oor die grootste dele van die Noord-Kaap en omliggende gebiede. Vlaktes waar die gras yl en dor gestaan het, het in ’n kort tydjie in ’n lushof van groen verander. Wolke op die horison dra tot besonderse sonsondergange en verdere hoop by. Foto: Helena Barnard