Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geduld met ’n hart is nodig vir ander

Kyk, ’n mens kry geduld, en dan kry jy geduld, en dan kry jy die geduld van oom Chris van Bloemfontein.

Ek noem hom sommer so aan gebrek aan meer kennis oor wie hy is.

Wie hy is, staan nie voorop nie. Sy dienswerk wat sy lewe is, staan voorop. Hoeveel van ons sal tog te maklik kla as ons in ’n ry moet staan, as ons moet wag, as ons vir onsself nie gou genoeg kan doen wat ons moet doen nie.

Hy gaan sit saam met bejaardes in die ry by staatshospitale. Sodat hulle nie alleen moet wees nie. Soms neem dit ’n dag. Dan is hulle voor, dan moet hulle terug huis toe.

Hy is net tuis dan bring hy weer ’n ander.

Só word sy roeping ’n lewenstaak. En hy doen dit. Hy doen wat ek nie vir myself wil doen nie – aan ’n ander. Sit sy dae in die gang van ’n hospitaal om. Hy weet hoe lank kan die rye word, hoe moeg die bejaardes, hoe gefrustreerd, hoe magteloos. So hy sit. Tot hulle voor kom. Tot hulle geroep word. Tot hulle die dokter kan sien, medikasie kan kry.

Hy wag. Hy maak hulle dag makliker.

Niemand kan hom vir sy tyd betaal nie. Sy geduld is egter ’n riem onder die hart.

Dankie tog vir mense soos hy wat aan ander doen wat hy nie hoef te doen nie.

’n Mens haal jou hoed af vir iemand met soveel hart in die geduld waarmee hy wag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.