Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
TWYFELHOEKIE: Hanteer ander soos jou medemens

Dit is vir my nogal opvallend hoe ons soms met ander kan omgaan asof hulle nie mense is nie.

Eintlik is ons seker almal daaraan skuldig. Daarom moet ons mekaar gereeld herinner om met mense om te gaan soos wat ons wil hê met ons omgegaan moet word.

Ons woorde moenie anders wees as wat ons sal wil hoor nie; ons optrede moenie anders wees as wat ons wil beleef nie.

Ons weet ons moet ander se besittings hanteer asof dit ons eie is, ons weet ons moet ander se lewe beskerm omdat dit waarde het en kosbaar is. So ook ’n ander se naam.

Ons moet ander in ons woord en daad toevou en koester.

’n Mens leer so baie lesse en lewenswaarhede by ander mense, maar hierdie een moet ek my moeder toegee: Ek het dit aan moedersknie by haar geleer.

Sy sou doodgewoon sê: “Nee, moenie – dit is nie mooi nie”.

Dit was genoeg om te weet ’n mens maak nie so met ander mense nie.

Tel jou woorde, bedink jou optrede. Beskerm hul besittings en hul naam. Heg waarde aan hul lewe.

Eintlik is dit iets waarmee ons mekaar voortdurend moet opskerp – as dit gaan seermaak, moenie dit sê nie; as dit te na kom, los dit; as die optrede nie bou nie, laat dit.

Ons moet mense soos medemense hanteer.

Soos wat ons hanteer wil word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.