Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hê respek en verbeter só

“Met wie is jy op die oorlogspad,” vra hy.

Ek skud teensinnig my kop.

“Ek weet nie,” sê ek. “Dis nie ’n wie nie, dit is meer ’n wat.”

Hy staar my geduldig aan. “Wat is die wat?”

Ek dink ’n oomblik na oor sy vraag. “In Engels sal ’n mens sê ‘a lack of respect’. ”

“Respek waarvoor?”

Ek dink weer ’n oomblik. “Respek vir mense se tyd en hoe hard hulle probeer,” sê ek.

“H’m,” sê hy. “En ’n ‘lack of respect’ vir reëls.”

“Sjoe,” sê ek. “Ons lys kan lank raak.”

Oral kla mense. Daar word gekla oor ’n standaard in ons samelewing wat stadig, maar beslis seker, daal. So stadig dat die gemiddelde mens onwille­keurig daaraan gewoond raak.

Terwyl mense ’n paar jaar gelede ontsteld sou wees oor werk wat halfpad gedoen word, is hulle vandag dankbaar wanneer dit halfpad gedoen is. Dit is asof die tekort aan respek deursypel. Verwoes. Verniel. Vernietig.

Indien ’n persoon nie vir homself respek het nie, gaan daardie persoon vir niks respek hê nie. Daar was ’n tyd dat mense hul kop in skaamte sou laat sak wanneer hulle meer as een maal vir dieselfde ding gevra is.

Vandag vra mense vir dieselfde resultaat – totdat hulle self begin skaam kry, asof hulle die skuldige partye is.

Dit voel asof baie foute op baie gebiede aandag verg. Dit is dalk die basiese dinge wat ’n verbetering sal veroorsaak. Soos respek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.