SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Help aasvoëls treetjie vir treetjie

Die Kimberley Harriers bied Saterdag (08/09) ’n veldwedloop ten bate van die bewaring van aasvoëls aan.

Die Vulture Conservation Trail Run begin om 09:00 in die Benfontein-natuurreservaat buite Kimberley.

Afstande van 6 km en 16 km kan gestap of gedraf word.

Die wedloop word deur die departement van omgewingsake en natuurbewaring geborg en die inskryfgeld sal ten bate van aasvoëlbewaring aangewend word.

Inskryfgeld vir die 16 km-wedloop is R120 en vir die 6 km-wedloop R80.

Leerlinge hoef slegs R40 te betaal, hetsy vir die 16 km-wedloop of die 6 km-pretdraf.

Die reëls van Atletiek Suid-Afrika (ASA), die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) en Atletiek Griekwaland-Wes geld en deelnemers moet lisensienommers dra. Tydelike lisensies is teen R40 beskikbaar.

Die Benfontein-natuurreservaat is sowat 10 km buite Kimberley langs die N8 (op die pad tussen Kimberley en Bloemfontein).

Almal wat die wedloop voltooi, sal medaljes ontvang.

Inskrywings kan aanlyn gedoen word, maar die sluitingsdatum hiervoor is Donderdag (06/09).

Op Vrydag (07/09) kan inskrywings van 17:00 tot 19:00 by die Sportsmans Warehouse in die North Cape Mall gedoen word.

Atlete kan hulle ook nog Saterdag van 07:30 tot 08:45, voor die wedloop, inskryf.

Besoek die Kimberley Harriers se Facebook-blad of

www.kimberleyharriers.co.za, of stuur ’n e-pos na info@­kimberleyharriers.co.za.

Bel David Janse van Vuuren by 083-443-8198 of Ria Janse van Vuuren by 083-381-9804 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.