Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoe verduidelik jy nou dít?

Een woord, twee verskillende uitkomste. Woorde werk mos dikwels so.

Ek beleef hoe ’n woord op een dag met twee betekenisse gebruik word en besef hoe maklik dinge onderstebo kan word en deurmekaar kan lyk – al is dit dalk nie so deurmekaar nie. Die eerste is positief, die ander negatief.

Geesdriftig werk ’n jong man saam met sy pa aan hul voertuig en sê: “Pa moenie net doen nie – verduidelik. Verduidelik vir my.”

Die pa vergeet so ’n bietjie as hy aan die werk raak, maar as hy herinner word, besef hy dit is nodig en hy verduidelik.

Hy maak dit wat onduidelik is, duidelik. Hy dra kennis oor.

Dit is positief.

Kort daarna beleef ek die ander voorbeeld wanneer ’n vrou in die winkel vir haar man sê: “Verduidelik!”

Ek dink aan die pa en seun. Ek dink aan die vrou.

Sy is negatief. Dít wat onduidelik is, wil sy nie duidelik hê nie. Sy vra rekenskap. Sy vra ’n antwoord. Haar “verduidelik” is negatief.

Ons hou nie daarvan om onsself te verduidelik nie.

Wat maak verduidelik so moeilik? Die maklike misverstand rondom dit.

Moet jy verduidelik omdat iemand nie verstaan nie, of moet jy verduidelik omdat jou optrede onder verdenking is?

Die antwoord lê in hoe verduideliking gevra word.

’n Bepaalde wyse vra positief en verlang ’n positiewe antwoord; die ander vra negatief en verwag nie regtig ’n antwoord nie.

Hoekom is hierdie nou eintlik belangrik?

Dikwels is dit nie die antwoord wat belangrik is nie, maar die vraag.

Wat en hoe gevra word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.