Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Honde kan virus ruik

Snuffelhonde wat Covid-19 in mense kan ruik, sal voor einde vanjaar op Suid-Afrikaanse lughawens ingespan word as bykomende siftings­element in die stryd teen die pandemie.

Die K9 Law Enforcement Company naby die O.R. Tambo-lughawe aan die Oos-Rand het reeds vyf honde voorberei. Dieselfde proses sal gevolg word as met die opleiding van snuffelhonde wat dwelms opspoor.

Studies het gewys honde kan leer om die koronavirus te identifiseer.

Robbie Roberts van K9 sê dit is nie die virus wat die reuk afgee nie, maar mense wat ’n spesifieke reuk afskei as hulle Covid-19 onder lede het.

Sodra K9 onaktiewe virusmonsters van ’n laboratorium ontvang, sal die honde met deppers of T-hemde geleer word om die reuk te herken.

Die opleiding sal ongeveer vier maande duur.

Mense wat deur die honde uitgewys word, sal getoets moet word.

Finland, Brittanje, Saoedi-Arabië en Frankryk gebruik reeds honde hiervoor. In Amerika word honde ook nou vir dié doel opgelei.

Jana Smit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.