Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
HOOFARTIKEL: Staan terug om beter te kan sien

Die gemoedere in Suid-Afrika is opgesweep. Oor moorde. Misdaad. Ontvoerings. Korrupsie. Ekonomie. Rassespanning. Stakings. Onregverdigheid.

Dit kom van alle kante en elkeen glo sy kant van die saak; glo sy oortuiging het bestaans- en uitvoeringsreg.

Boonop, soos ’n moedswillige dwarswind, veroorsaak die gebruik van die sosiale media dat mense – oningelig of te nie – “waarhede” met die druk van ’n stuurknoppie versprei.

Dié sogenaamde waarhede is soos ’n knetterende veldbrand en klits net nog meer gemoedere op.

Tog glo mense eerder nuus wat van ’n onbepaalbare bron en ’n vreemde ruimte versprei is. Sielkundiges het immers reeds bewys dat mense droefheid en negatiewe nuus aanhang.

Boonop, soos wat die Spaanse filosoof José Ortega y Gasset reeds in 1930 in sy boek, The Revolt of the Masses, geskryf het, is die “massamens” betrokke.

So ’n massamens, skryf Gasset, is die ideale kandidaat om ’n leier gedagteloos te volg – of die leier hom nou oor die afgrond lei of nie.

Solank hy nie self hoef te dink, te peins, een en een bymekaar te tel nie.

Dalk is dit nodig om soms uit die massa te tree; om stilte te beleef en self te dink – en dalk dan die groter prentjie raak te sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.