Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
HOOFARTIKEL: Treinspore bied die oplossing

“Kimberley se trein”, wat jare gelede in die volksmond besing is, het lank reeds stoom verloor en “ry” nie meer soos van ouds nie. So ook bestaan “Die bar op De Aar”, waar reisigers en troepe vir “die trein na wie weet waar” gewag het, nog net in liedjies en oorvertellings.

Tot soveel soos vier van die belangrikste treinroetes in die land strek deur die Noord-Kaap, waarvan Kimberley en De Aar as hoofaansluitingspunte dien; en dié vier roetes sluit nie eens die Sishen-Saldanha-spoorlyn van 860 km in wat ystererts van die myne in die provinsie na Saldanhabaai vervoer nie.

Dié spoorlyn word ten minste behoorlik gebruik. Want – ondanks ’n nasionale netwerk – is stasies en spoorlyne sinoniem met verval en toenemende onbruik.

Om op ’n Donderdagoggend meer as 50 vragmotors op die ongeveer 40 km van die N12 tussen Kimberley en Modderrivier teë te kom, is verstommend. Nog erger is om op ’n Saterdagaand meer as 200 van hierdie ysterkolosse tussen Britstown en Kimberley aan te durf. En daar word nie eens na die vragmotornagmerrie op die N1 verwys nie.

Al die pad van Kimberley tot in Kaapstad – en terug – word geen trein van enige aard opgemerk nie.

Mag die samesprekings tussen die Noord-Kaapse regering en Transnet oor die groei van treindienste nie net stoom wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.