Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoop in rêrige gebed geplaas

“Kan ek Oom eenkant sien asseblief?”

In ’n reuse-groep mense, hoe kan enig­iemand so ’n versoek wyer van ’n seuntjie van sewe jaar oud, skaars ’n meter hoog, sonder sy voortande?

Sy tweelingboetie staan ook eenkant, maar hy is nie deel van die gesprek nie, hoewel ek kan sien dat hy staar om te sien of sy boetie dit kan regkry om my eenkant te kry. Grootmens-logika laat my dadelik besef die versoek kom van dié meer vrypostige boetie.

So, ek stap net so drie meter uit die bondel mense en buig na die jong man om mooi te hoor wat hy sê. Hy praat agter sy hand asof hy fluister. Ek loer na die boetie, hy wys vir sy boetie ’n duimvashou-duim.

“Is oom ’n rêrige dominee?”

Wat antwoord ek nou? Sê maar “Ja, seun.”

“In ’n rêrige kerk oom?”

“Ja, seun.”

“Dan wil ek en my boetie Oom iets vra. Ons bly by Ouma, ons is vyf kinders. Sy en Oupa kyk mooi na ons, maar as oom ’n rêrige dominee in ’n rêrige kerk is, sal Oom asseblief bid vir ’n kar.”

Sy geloof kinderlik, sy vraag opreg.

Ek doen moeite, vertel hom hy kan self ook bid vir ’n kar, vir enigiets. Wat hy nodig het.

“Ek weet Oom, maar bid Oom net vir die kar asseblief.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.