Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoopvol oor nuwe premier

Dit is een van die media se pligte om ’n waghond vir die publiek te wees, ons leiers tot verantwoording te roep en elke skuif wat hulle maak onder ’n vergrootglas dop te hou.

Daar is egter ook ’n Bybelse gesegde wat lui: “Gee aan die keiser wat hom toekom”.

Selfs die mees geharde opposisiepolitici, vurigste teenstanders en mees bevraagtekenende skeptici sal sekerlik moet toegee dat die nuwe Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, sy ampstermyn tot dusver op ’n goeie noot begin het.

Saul het gekies om sy inhuldigingstoespraak in die informele nedersetting van Leratopark te hou waar mense deur enorme uitdagings op maatskaplik-ekonomiese gebied in die gesig gestaar word.

Hy het verklaar dat hy die beskermheer van die armes en die vertraptes in die Noord-Kaap sal wees.

Saul het met die intrapslag ’n verbod op rooi tapyte en blouligbrigades vir hom en sy kabinet geplaas.

Verlede week het hy sy belofte gestand gedoen om die besteding op ampsmotors vir LUR’e te sny en eerder ambulanse aan te skaf; 27 nuwe ambulanse en pasiëntbusse is Dinsdag 4 Junie aan die departement van gesondheid oorhandig met die opdrag dat dit dadelik in gebruik geneem word.

Hy het ook sy belofte gestand gedoen en het sy kabinet verklein.

Stappe is gedoen om die premier se ampswoning te verkoop en die opbrengste aan die premier se beursfonds toe te ken.

Saul het ook opdrag gegee dat foto’s van die premier en LUR’e nie geraam word en by staatsdepartemente vertoon word – soos met die vorige administrasie – nie.

In Saul het Noord-Kapenaars nou hopelik ’n man met begrip en verantwoordbaarheid, wat dienslewering sal prioritiseer en wat besef dat hy nie ’n koning is nie, maar eerder ’n doodgewone gemeenskapsaktivis wat in diens van die gemeenskap staan en nie daar is om homself te verryk nie.

In Saul het die provinsie hopelik ’n man met integriteit en wysheid.

’n Leier wat soos ’n vars briesie op die toneel verskyn in ’n tyd waar daar vraagtekens oor talle Noord-Kaapse staatsdepartemente gehang het.

’n Man wat hopelik die Noord-Kaap vorentoe kan neem.

Kom ons hoop dat hy al die ander beloftes wat hy in aanloop tot die verkiesing en tydens sy inhuldigingstoespraak gemaak het, kan nakom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.