Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou huis met ’n Covid-pasiënt
Oor die wêreld heen moet persone wat positief vir Covid-19 toets, in tuis-isolasie gaan om die verspreiding van die virus te verhoed. Foto: United Nations, Unsplash

Wanneer ’n lid van ’n huisgesin positief vir Covid-19 toets en tuis aansterk, is dit belangrik om te weet hoe om die pasiënt te hanteer om te verhoed dat nog gesinslede aansteek.

’n Persoon wat positief vir Covid-19 getoets het, kan ligte, matige of ernstige simptome toon en moet vir minstens twee weke in tuis-isolasie bly indien hospitalisasie nie plaasvind nie.

So ook moet enige persoon wat in aanraking was met iemand wat positief getoets het, vir minstens twee weke in tuis-isolasie wees.

ER24 beveel aan dat die volgende basiese items noodsaaklik in ’n huishouding is:

  • ’n verskeidenheid sepe, soos lyfseep, seeppoeier en skottelgoedwasseep;
  • herbruikbare skoonmaaklappies, sponse of papierhanddoeke;
  • handreiniger met ’n alkoholbasies;
  • ontsmettingsmiddel, soos ’n bleikmiddel wat in kombuise en badkamers gebruik word; en
  • weggooibare of herbruikbare handskoene.

Yolanda Walsh, ’n programbestuurder by Mediclinic Suider-Afrika, sê dit is belangrik om ’n oppervlak eerste met seep en water skoon te maak voordat dit ontsmet word. Maak toonbanke, tafels, deurknoppe en wasbakke elke dag op bogenoemde manier skoon.

Ander wenke is soos volg:

  • Maak seker daar is genoeg ventilasie in die huis en in die vertrek waar die pasiënt in isolasie is. Indien dit nie moontlik is dat die pasiënt homself in ’n aparte vertrek afsonder nie, is dit belangrik om die sosiale afstand in die huis te hou.
  • Slegs een lid van die huishouding moet verantwoordelik wees om na die pasiënt om te sien en moet ’n masker tydens kontak dra.
  • Maak seker dat die pasiënt genoeg vloeistof inneem en gesonde kos kry om te eet.
  • Moenie breekware en messegoed wat die pasiënt gebruik, met hom of haar deel nie en hou dit vir die isolasie-tydperk eenkant.
  • Let daarom om nie items soos selfone, afstandbeheerders en boeke met die pasiënt te deel nie. Ontsmet items behoorlik indien dit gedeel moet word.
  • Vra die pasiënt om sy klere, beddegoed en handdoek in ’n wasgoedsak te plaas. Skud dit in die masjien of wasskottel uit sonder om daaraan te raak. Laat dit eers in seep en water week voordat dit gewas word.
  • Was die pasiënt se klere en linne met seeppoeier en indien moontlik, in warm water. Moet dit nie saam met die ander gesinslede se klere en linne was nie. Laat dit behoorlik in die son droog raak.

Ander algemene wenke:

  • Was jou hande voor, tydens en ná die voorbereiding van voedsel.
  • Vee die binnekant van die yskas weekliks af.
  • Indien jy nie ’n skottelgoedwasser het nie, was skottelgoed in warm seepwater en laat dit droog drup.
  • Indien jy tydens kosvoorbereiding aan die kos proe, maak seker om elke keer ’n skoon lepel te gebruik.
  • Indien ’n pasiënt nie behoorlik in self-isolasie weens ’n gebrek aan ruimte kan wees nie, ondersoek die moontlikheid van ’n kwarantyn- of isolasie-fasiliteit.
  • Kry dadelik mediese hulp indien die pasiënt se toestand verswak.

– ER24, weforum.org, Mediclinic Suider-Afrika

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.