Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hulppakkette help virus beveg
By die oorhandiging van AfriForum se hulppakket aan die Hoërskool Prieska is van links Lee-Ann van Rensburg, Lorika Zeelie, Rozanne Etsebeth en Johan Hennig (voorsitter van AfriForum se Prieska-tak). Foto: Verskaf
Die Soar Academy in Kimberley ontvang ’n hulppakket van AfriForum. By die oorhandiging is Mart-Marie Hadad (skoolhoof) en Dawie Griesel (van die Kimberley-tak).Foto: Verskaf

Verskeie skole in Kimberley het verlede week hulppakkette van die Kimberley-tak van AfriForum ontvang.

Dit is deel van die #AfriForumStaanSaam vir skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug begin is.

Die pakkette bestaan uit Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, hand­reiniger en handreinigerstaanders.

Die waarde van ’n pakket is R6 500.

“Skole is plekke waar ouers gemaklik moet voel om hul kinders te los sodat hulle onderrig kan ontvang. Die tak hoop dat dié pakkette die ouers en leerlinge gerus sal stel dat hulle veilig terug kan keer skool toe,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distriks­koördineerder vir die Karoo.

Die skole wat hulppakkette ontvang het, is die Laerskool Eureka, Elizabeth Conradie-skool vir leerlinge met fisieke gestremdhede, St Patrick’s CBC, Hoërskool Diamantveld, Chara Learning Academy, Snap Academy, Soar Academy en die Laerskool Staats.

Die Prieska-tak het ook ’n pakket aan die Hoërskool Prieska oor­handig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Noordkaap Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.