Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Hurk’ in dorp pla

Die absoluut onvoldoende toiletgeriewe in Upington se middedorp is onlangs deur ’n foto op Facebook beklemtoon.

Dié foto, wat deur ’n kliënt by ’n onderneming in die middedorp geneem is, wys hoe ’n vrou haar toiletsake tussen ’n klein boompie en die onderneming se muur afhandel.

Die sake-eienaar wat die foto op Facebook geplaas het, sê “dit is nie ’n bakleiboodskap en ook niks gemik teen die vrou wat haar nommer twee reg voor my besigheid gedoen het nie”.

Hy beklemtoon dat hy die probleem van onvoldoende openbare toiletgeriewe in die dorp wil oplos en dat sy vorige versoeke hieroor aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit nie gehelp het nie.

Behalwe vervalle en onbruikbare toiletgeriewe by die ouer deel van die taxi-staanplek, is daar geen sulke geriewe in die middedorp nie.

“Ondernemings kry kritiek omdat hulle nie lede van die publiek toelaat om hul toilette te gebruik nie, maar as ’n persoon baie grootoog hier inkom, sal ek help,” sê die sake-eienaar.

“Maar nie my besigheid, of enige ander besigheid, hoef die rol van openbare toiletgeriewe te vervul nie. Waarom is daar nie aan die pendelaars se menswaardigheid gedink met die uitbreiding van die taxi-staanplek nie? Volgens regulasies mag jy nie ’n openbare plek sonder geriewe oprig nie.

“Dit is al erg genoeg dat ons drie tot vier maal per dag self rondom ons werksplekke papiere en gemors moet optel; nou moet ons ontlasting ook optel en urine afspuit van ons mure,” sê hy.

Flip van der Steen, DA-raadslid, sê die munisipaliteit het geen politieke wil om die probleem te bestuur nie, en dat dit vererger namate informele taxi-staanplekke by die toegangsroetes ontstaan.

Die foto, waarop die vrou nie identifiseerbaar is nie en wat nie “onwelvoeglik” is nie, het hewige reaksie ontlok. Talle meen dat die vrou se privaatheid deur die plasing aangetas is. Kommentaar hierop is dat die vrou haarself in die openbaar ontbloot het, op ’n straathoek waar sy sigbaar is.

  • Donderdag (19/11) is Wêreldtoiletdag, wat die veilige bestuur van menslike afval beklemtoon.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.