Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners dok meer op
In die industriële gebied van Upington oorstroom dié mangat glo al langer as ’n halfjaar. Dit is telkens by die Dawid Kruiper-munisipaliteit aangemeld, maar niks word daaraan gedoen nie. Inwoners sê strukture verswak weens die oorloop.Foto: Facebook
Hierdie pompstasie langs die N12 in Warrenton oorstroom reeds jare lank. Die verwerkte rioolwater vloei onderdeur die N12 en af in ’n sloot tussen bewoonde huise. Dit stort uiteindelik in die Vaalrivier. Tydens ’n besoek aan Warrenton was die rioolreuk onmiskenbaar, en sommige strate is onbegaanbaar weens die voortdurende vloei van rioolwater.Foto: Helena Barnard
Christiana, deel van NoordkaapBulletin se verspreidingsgebied, is gereeld in ’n rookwolk gehul weens die brandende stortingsterrein langs die N12.Foto: Helena Barnard

Inwoners wat betaal vir munisipale dienste wat nie gelewer word nie, steek toenemend hand in eie sak om uit haglike omstandighede te kom.

Volgens ’n inwoner van Bankhara Bodulong by Kuruman is ’n drein wat oorstroom telkens by die Ga-Segonyana- plaaslike munisipaliteit aangemeld.

Hy vertel die munisipaliteit sloer om ’n toevoerspanningrelê aan te koop wat nodig is om die pomp aan te skakel.

“Van die inwoners het op 2 September die relê uit hul eie sak gekoop, maar steeds word voete gesleep om dit te vervang,” sê hy.

Foto’s van ontlasting wat in die rioolwater voor die huise dryf, is verskaf.

Vanuit Warrenton vertel ’n inwoner dat die pompstasie oorstroom omdat dit nie onderhou word nie.

Daar word glo ook nie vir uitbreidings voorsiening gemaak nie.

“Met die lae vloei in die Vaalrivier hou die riool ook gevaar vir Kimberley se waterontrekking in, wat stroomaf van Warrenton is.”

’n Onderneming in Upington het inwoners op ’n Facebook-blad gevra om te help opruim aan die rommel wat al hoe meer by die duikweg ophoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.