Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners van Diamond Park kry eindelik huise

Ná jare van wag het ’n multi-miljoenrandse behuisingsprojek vir die inwoners van die Diamond– Park informele nedersetting in Kimberley uiteindelik begin.

Volgens Ockert Fourie, die DA se raadslid vir wyk 25, het die departement van menslike nedersettings en samewerkende regering geld vir 800 laekostebehuisingseenhede bewillig.

Die koste per eenheid is sowat R112 000.

Die projek, wat alle infrastruktuur en opmeting van erwe insluit, sal na beraming tot en met die voltooiing van die 800 huise R120 miljoen kos.

Andries Badenhorst en Lana Gatyen, twee van die oudste inwoners van die gebied, is glo van die eerste mense van Diamond Park wat huise sal ontvang.

Die projek het reeds werk vir sowat 40 inwoners van die plaaslike gemeenskap geskepsal verwagting vir nog mense werksgeleenthede bied.

Volgens Danie Jacobsz, projekbestuurder van Barzani Development wat die konstruksie van die huise sal behartig, behoort die projek teen Desember volgende jaar voltooi te wees.

Al die huise sal van toilette voorsien wees en dus sal buite-toilette nie meer nodig wees nie.

Met Noordkaap se besoek aan Diamond Park op Vrydag (22/09) was werkers besig om ’n kantoorgebou, wat vir die duur van die projek as Barzani Development se kantoorgebou sal dien, te bou.

Jacobsz meen dat die gebou met die voltooiing van die projek aan die gemeenskap geskenk sal word. Fourie sê voorstelle kan aan die Sol Plaatje-munisipaliteit gemaak word sodat die gebou moontlik dan vir ’n kliniek of gemeenskapsentrum gebruik kan word.

Die moontlikheid bestaan dat nog fases ontwikkel kan word om meer inwoners van huise te voorsien.

Aanvanklik is 1 150 erwe vir die gebied uitgelê.

Inwoners kla al jare lank oor die haglike toestande waarin hulle moes lewe.

Infrastruktuur, wat die lê van rioolpype insluit, is in 2014 begin, hoewel kragvoorsiening eers daarna beskikbaar gestel is.

Volgens Fourie het die meeste van die ontwikkeling wat by Diamond Park plaasgevind het, in die afgelope vyf jaar geskied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.